
Filippense 1:6
Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom. NLV
Moenie opgee nie!
Dis maklik om op te gee. En dis maklik om onsself ‘n goeie rede te gee om op te gee.
Ons begin in ‘n Christelike lewe met die beste intensies. Ons sê, “Ek kan hierdie doen!” Dis die eerste fout. Die skrifgedeelte bo verduidelik dat dit God is wat binne jou moet werk. So… laat God toe om in jou te werk!
Volgende, ons gooi onsself in die Christelike lewe in met onmenslike ywer. ” Ek kan hierdie doen as ek hard genoeg probeer!” Nee, weer verkeerd. Ons selfvertroue moet kom van die wete dat God al die moeite doen. So… sit al jou vertroue in Hom.
Dan, vertel ons onsself, “Ek gaan dit maak.” Wel, ons het vergeet dat dit God is wat jou lewe sal voltooi op so ‘n manier dat jy oorwinnend voor die troon sal staan eendag. So… gee vandag vir God beheer van jou lewe.
Of dit jou dieet, jou familie, of die oorwinning van ‘n slegte gewoonte is, moenie moed opgee nie! God sal nooit opgee op jou nie! As God iets begin, stop Hy nooit totdat sy werk perfek voltooi is nie. En dit beteken jy!

No Comments