
Psalm 23:1,4
Die Here is my herder… Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: U stok en U staf dié vertroos my. AOV
God sal altyd by jou wees. Jy sal nooit alleen deur die lewe hoef te gaan nie. Jy sal nooit enige iets ervaar wat God nie sien nie. Hy loop reg langs jou, selfs al loop jy “in ‘n dal van doodskaduwee” Die verskil vir die wat Christus volg is nie die afwesigheid van doodskaduwee nie, maar die teenwoordigheid van die Herder. As gevolg van die Herder, is die dood net ‘n skaduwee van sy vorige self. Nie eers die dood kan jou van God se liefde skei nie (Romeine 8:38-39). In elke situasie is God daar.
Wanneer die Herder saam jou loop dra Hy ‘n stok, vir ingeval jy ‘n bietjie aansporing nodig het om aan te hou beweeg. Die doel van die stok is nie om die skape seer te maak nie, maar om die skape te lei. Partykeer kort ons ‘n goeie hupstoot! God gebruik sy stok om jou te laat weet, “Jy kan dit doen! Moenie opgee nie! Moenie stop nie! Ek is hier by jou!”
Die Herder dra ook sy staf soos Hy saam jou loop. Hy gebruik sy staf om jou te beskerm teen jou vyand. Jou Herder kan maklik afreken met enige bedreiging deur sy almagtige krag. So jy hoef nie die bose of die onheil te vrees nie.
Jy is nie alleen nie. God is by jou. Hy sal jou deur die lewe kry. En Hy sal jou deur die dood kry. Hy sal jou veilig huis toe bring. En jy sal vir ewig in die huis van die Here wandel.

No Comments