
Numeri 14:5-9
(5) Moses en Aäron het voor die gemeenskap van die Israeliete neergeval.
(6) Josua, seun van Nun, en Kaleb, seun van Jefunne, wat saam die land gaan verken het, het hulle klere geskeur.
(7) Hulle het vir die gemeenskap van die Israeliete gesê: “Die land wat ons gaan verken het, is ’n besondere mooi land.
(8) As die Here ons liefhet, sal Hy ons in die land laat kom en dit vir ons gee. Dit is ’n baie vrugbare land.
(9) Moenie teen die Here in opstand kom nie! Moenie bang wees vir die mense van die land nie. Hulle is ons slagoffers. Hulle het geen beskerming nie. Die Here is met ons. Moenie bang wees nie!”
Psalm 5:4
(4) Here, in die oggend sal U my stem hoor. Soggens bring ek my versoeke vol verwagting na U toe.”

No Comments