
Korinthiërs 9:24-27
(24) Weet julle nie dat die atlete wat in ‘n stadion aan ‘n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle dit ontvang.
(25) Almal wat deelneem, pas in alle opsigte dissipline toe – hulle nogal om ‘n verganklike oorwinningskrans te ontvang, maar ons ‘n onverganklike.
(26) Ek hardloop daarom so, dat dit nie doelloos is nie; ek boks so, dat ek nie in die lug slaan nie.
(27) Maar ek dissiplineer my liggaam en maak dit diensbaar, sodat ek nie, terwyl ek vir ander gepreek het, dalk self gediskwalifiseer word nie.
1 Timoteus 4:7b-8
(7b) Oefen jouself om godvresend te leef; (8) want liggaamlike oefening is wel in ‘n geringe mate nuttig, maar godvresendheid is nuttig in alle opsigte. Dit hou belofte in vir die huidige én die toekomstige lewe.

No Comments