
Johannes 14:11-14
(11) Glo My dat Ek in die Vader en die Vader in My is; of glo dan op grond van die werke self.
(12) Amen, amen, Ek sê vir julle: Wie in My glo, hy sal ook die werke doen wat Ek doen, en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader gaan.
(13) En wat julle in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik mag word.
(14) As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.”

No Comments