
Die vers om te onthou vir die week is 2 Korinthiërs 5:17 wat sê: “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ñ nuwe skepsel; die ou dinge het verby gegaan, kyk, dit alles het nuut geword”. Jy gaan hemel toe omdat iemand jou van Jesus Christus vertel het. Gaan die ketting by jou breek? Gaan iemand hemel toe gaan a.g.v. jou? Jesus sê ons moet die Goeie Nuus vertel (Mat 28:19-20).
Dag 1
Johannes 3:16
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige kan hê.
Hierdie vers sê in kort hoekom ons Christene is in 4 punte.
1. God is lief vir ons. Weet jy dat God lief is vir jou?
2. God se liefde vir ons het Hom meer gekos as wat ons ooit kan dink. Hy het sy Seun gestuur in ons plek. Hy het Jesus gegee om vir jou sondes te betaal.
3. Hierdie is vir dié wat in Hom glo.
4. As ons in Hom glo belowe Hy ons dat ons nie sal vergaan nie, maar die ewige lewe sal hê.
As jy nog nie Jesus se aanbod aanvaar het nie, doen dit vandag. Hierdie is waaroor Geestelike Gesondheid gaan.
1. Wat het jy gehoor?
2. Wat dink jy?
3. Wat gaan jy doen?
4. Praat nou met die Here…

No Comments