
Johannes 1:12-13
Aan almal wat Hom egter aanvaar het, dié wat in sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is nie deur ‘n natuurlike proses gebore nie, en ook nie na aanleiding van die wilsbesluit van ‘n man nie. Hulle is God se kinders.
Ons ís God se kinders. As ons glo in Jesus Christus bring dit ons naby aan God die Vader. So naby dat Hy ons seuns en dogters noem. Ons is nou deel van sy familie. Ten volle ontvang, ten volle geliefd en volkome aanvaar.
Wat beteken hierdie? Ons noem God nou Vader soos Jesus het. Ons praat met Hom soos Jesus het. Jesus het jou genooi, deur genade, om deel te neem in sy lewe van liefde teenoor die Vader. Jy word verwelkom in God se huis. Jou identiteit is gevestig. Jy roep “Abba Vader” (Rom. 8:15) en Hy sê terug, “My geliefde kind.” Die Skepper van die heelal is mal oor jou en vind vreugde in jou.

No Comments