
Romeine 8:35 – 39 Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
Hierdie gedeelte uit God se Woord is gerusstellend en uitdagend. God verseker ons van Sy diepgaande liefde vir ons as Sy kinders. Dit antwoord ook die vraag – ‘As God vir my lief is, waarom kry ek so swaar?’
Ons swaarkry beteken nie dat God nie vir ons lief is nie, of vir ons kwaad is nie. Onthou, Jesus het gesê : Joh 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
As ons kan besef dat swaarkry deel van ons as mens se reis deur die lewe is, maar dat God saam met ons is in ons swaarkry – sal ons eerder vra ‘Hoe lewe mense sonder Hom?’
Rom. 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

No Comments