
1 Johannes 1:9
As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
Partykeer luister ons nie. Toe die apostel Johannes hierdie vers geskryf het moes hy geweet het dat daar baie mense is wat hierdie baie belangrike waarde vergeet. Miskien het jy ook.
God het elke reg en outoriteit om al jou skuld wat jou sondes jou gekos het uit te kanselleer, vir ewig. Ons kan op Hom staatmaak te alle tye. Hy is regverdig.
So as jy skuldig voel… bely. As jy uitgeput voel… bely. As jy voel jy gaan uitbrand… bely. As jy die seën en die hand van God in jou lewe wil beleef, bely. En God sal sorg vir al die ander goed.
1. Wat het jy gehoor?
2. Wat dink jy?
3. Wat gaan jy doen?
Praat nou met God…
Hierdie week praat ons oor fisiese gesondheid en hoe dit ook belangrik is vir geestelike gesondheid.
Ons is vir ons kinders ‘n vertoonkas van Jesus Christus en dit is dus belangrik om tyd saam hulle te spandeer en hulle die Woord te leer, te leer bid en te leer om God te vertrou in hulle lewens. Jy is die voorbeeld en dis hoe God dit ingestel het.

No Comments