
1 Korinthiërs 6:19-20
Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julle self nie, want julle is teen ‘n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. NLV
Ons kultuur vertel ons dat jou liggaam aan jou behoort. Dit is jou eiendom wat jy kan gebruik soos jy goed dink, solank jy net nie iemand anders seer maak nie. Die resultaat is dat ons liggame ‘n afgod word wat ons begin aanbid, en ons gebruik ons liggaam vir ons eie behoeftes en plesier, blydskap of sukses. Ons kultuur vertel ons dus dat ons liggame is vir self-aanbidding.
Die Bybel verduidelik egter radikaal die teendeel. God sê jou liggaam is nie jou eie nie. Dit behoort aan God “Hy’t dit gekoop teen ‘n prys.” Jesus het liggaamlik dood gegaan en opgestaan sodat jy liggaamlike verlossing kan hê.
As volgelinge van God verwerp ons die kulturele standpunt dat ons liggame is vir self-aanbidding. Hierdie beteken egter nie dat ons nie ons liggame versorg nie. Ons is nie eienaars van ons liggame nie, maar wel rentmeester daarvan. Ons versorg ons liggame want dit is ‘n tempel gemaak om God te aanbid. Hierdie beteken dat die primêre doel van jou liggaam is om te aanbid.
Romeine 12:1
Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters. As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan hom as ‘n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. Ons is geroep om ons liggame te offer vir die Eienaar en vir sy glorie en doel.

No Comments