
Romeine 12:2
Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hy wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is. NLV
Regte transformasie begin in jou gedagtes, nie jou gedrag nie. Jy kan nie jou karakter verander deur eenvoudig net jou aksies te verander nie. Jy verander jou aksies deur jou karakter te verander. En dit begin alles deur te verander hoe jy dink. Dis hoekom die Bybel verduidelik, moenie aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie maar verander en vernuwe julle denkpatrone.
Wat is die verskil tussen aanpas en transformeer? Aanpas is om iets se uiterlike voorkoms te verander. Transformeer is om iets se geaardheid te verander. Aanpas het te doen met gedrag. Transformasie het te doen met karakter. Die Bybel sê vir ons dat ons moet ophou probeer om by die wêreld se maniere aan te pas, maar eerder toelaat dat God ons karakter transformeer in die karakter van Jesus.
Let op dat aanpassing is iets wat jy aan jouself doen – jy probeer bewustelik in te pas of om te word soos al die ander. Maar om te transformeer is iets wat God aan jou doen. Dit is God se werk in jou lewe, om jou gedagtes deur genade te vernuwe, deur sy Woord.
God wil nie net verander wat jy dink nie, Hy wil verander hoe jy dink – jou manier van dink. Die Bybel sê, “Julle moet op ‘n nuwe geestelike manier leer dink.” (Efesiërs 4:23)
Dan kyk jy na die resultate van getransformeerde gedagtes. God belowe dat jy sy wil vir jou lewe sal kan ontdek. Jy sal nie alleenlik sy wil vir jou lewe ontdek nie, maar jy sal vind dat dit goed, aanvaarbaar en volmaak is – uniek gemaak vir jou.

No Comments