
Filippense 4:8-9
Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem, gehoor en gesien het. Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees. NLV
Jy is waaroor jy dink. Spreuke 23:7 AOV sê vir ons dat “soos hy in sy siel bereken (dink), so is hy;”
Jy het seker al die gesegde gehoor, “garbage in, garbage out.” Sit gemors in – die tipes flieks wat jy kyk, die webtuistes wat jy besoek, die musiek wat jy luister, die tydskrifte wat jy deurkyk, die boeke wat jy lees – en die uitsette van jou lewe sal ook gemors wees.
So hoe kan jy die “gemors” uit jou gedagtes uit hou? Jy kan nie jou denke skoon maak van slegte gedagtes nie. Jy moet dit opsetlik vervang met iets anders. Leemtes bestaan nie net natuurlik in die wêreld nie, hulle word kunsmatig geskep. As jy ‘n leemte skep, gaan iets dit vul. Byvoorbeeld, jou kar is nooit leeg nie; dis vol brandstof of vol lug. Die brandstof vervang die lug en die lig vervang die brandstof. Iets sal altyd ‘n leemte vul. Ons gedagtes sal altyd gevul wees met iets, maar ons kan besluit wat dit vol maak. So met watter gedagtes vul jy jou denke?
Hier is God se lys: “vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.” Die eindresultaat is God se vrede in jou hart. Die punt is dat as ‘n gedagte nie die toets slaag nie, dan moet jy dit nie in jou denke toelaat nie. Die einde van die vers sê “leef volgens” dit. Jy moet dit oefen. God het vir jou ‘n suiwerings toestel gegee wat jou gemoedsrus gee. Oefen om dit elke dag te gebruik.

No Comments