
Johannes 14:27
Ek laat vir julle vrede na; My vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld of beangs word nie. NLV
Iemand het bereken dat daar 286 jare van vrede in die laaste 3500 jaar van menslike geskiedenis was. Dis baie sleg. Die vrede van die wêreld is vinnig en breekbaar.
Waar konflik heers, heers vrees ook. Vrees en haat het ‘n diepgaande invloed op my en jou. Wetenskaplikes spekuleer dat voortdurende vrees, haat, konflik en onvergewensgesindheid ons DNA verander. As daar nie vrede is nie is ons foutief en stukkend.
God se belofte is ewige vrede. In sy laaste dae op aarde, het Jesus sy angsbevange dissipels getroos: “Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld of beangs word nie.” Die Meester het geweet dat sy dissipels angstig was en geworstel het met twee realiteite: die feit dat hulle aan Hom kon raak en met Hom praat kom tot ‘n einde, en sy dood was ‘n werklikheid. Jesus het ewige vrede voorsien vir emosionele stabiliteit vir sy struikelende dissipels.
Maar wat is ewige vrede regtig? Volgens die Skrif
-God se vrede is ‘n geskenk. Jy werk nie vir dit, verdien dit, berei jouself voor vir dit, of probeer baie hard om dit te kry nie. Jy aanvaar dit net.
-God se vrede is nie afhanklik van ons omstandighede nie. Sy vrede is teenwoordig in verskriklike, vreesbevange, martelende omstandighede. Weet jy hoekom?
-God se vrede, “shalom” in Jesus se taal, beteken meer as net die afwesigheid van konflik, dis die teenwoordigheid van alles wat goed is!
Die punt is dat God se belofte van ewige vrede is volbring deur sy ewige teenwoordigheid! So “Julle moenie ontsteld of beangs word nie.” Moenie fokus op die afwesigheid van vrede nie; fokus op die teenwoordigheid van God, en sy vrede sal na jou toe kom.

No Comments