
Mattheus 11:28-30
Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en ek sal julle lewens verkwik. Neem My juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe kry. Want My juk sal sag op julle skouers rus en My las is lig om te dra. NLV
In die Bybel het mense na Jesus toe gekom vir verskillende redes. Party het gekom om gesond gemaak te word. Ander het raad nodig gehad. Baie het gekom vir ewige lewe. Jesus gee vir jou ‘n ander rede om na Hom toe te gaan: rus van jou laste. Maar hier is die voorwaarde. As jy na Jesus toe gekom het met jou laste, dan moet jy beheer oorgee. Jesus sê, “Neem My juk op julle skouers.”
‘n Juk is ‘n implement wat deur boere gebruik word. Boere juk hulle ploegperde sodat hulle in dieselfde rigting en teen dieselfde pas loop. As hulle saam gejuk word kan die een nie vinniger as die ander een beweeg, of stadiger nie. Hulle is minder geneig om van die pad af te dwaal as hulle saam werk. As hulle las in die helfte gesny word, kan hulle dubbel die werk doen.
Jesus gebruik ‘n juk as voorbeeld van ‘n vennootskap met Hom. God was nooit van plan dat jy alleen jou laste moet dra nie. Jesus sê, “Ek sal help om die las te dra, jy hoef dit nie meer alleen te doen nie. As jy vermoeid en uitgeput is, emosioneel moeg is, laat My toe om jou las saam jou te dra.”
Jesus se uitnodiging is, “leer van My, want ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;” Die geheim om die oorhand te kry oor ‘n oorlaaide lewe is om na die enigste Een te gaan wat waarlik jou siel rus kan gee. Jesus is jou las draer, jou voorbeeld vir ‘n spanning vrye leefwyse. Aanvaar vandag sy uitnodiging en vind die rus waarvoor jy gesoek het.

No Comments