
Psalm 91:1-2
Hy wat woon in die skuilplek van die Allerhoogste, sal rus in die skadu van die Almagtige. Ek sal vir die Here sê: “U is my toevlug en my vesting, my God op wie ek vertrou.” NLV
Die skrif bo sê dat jy in Hom kan bly. Hy is ‘n hele lewe vir jou. Jy kry kos en lewensmiddele en liefde en skoonheid en waarheid in Hom. Hy is ‘n stad op sy eie. Bly in Hom.
Hy beskut jou. Hy kan jou beskerm teen enige iets wat die lewe na jou kant toe gooi. Hy is so groot en absoluut soewerein (maghebbend, onafhanklik) dat niks aan jou kan raak behalwe dit wat Hy toelaat nie. En Hy laat net toe wat presies reg is vir jou. Skuil in Hom.
Hy is so groot dat jy nêrens heen kan gaan waar Hy nie in beheer is nie. Sy skaduwee is so bomenslik groot dat dit op alles val, oral, en op almal op aarde. Maak nie saak waar jy jouself in hierdie wêreld bevind nie, en maak nie saak in watter toestand jy is nie, jy kan altyd rus in sy skaduwee en die hulp kry wat jy nodig het. Rus in Hom.
God is oorwinnaar sterk, besonders enorm, en onstuitbaar kragtig. Hy is waarlik ‘n vesting en ons toevlug. Vertrou op Hom.
As die lewe jou onder kry, gaan na die stad van die Koning en gaan vind toevlug in sy grootheid, rus in sy skaduwee, en vertrou op Hom om jou deur te vat. Hy sal jou nooit teleurstel nie.

No Comments