
Nehemia 8:10
Die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees! NLV
Die geheim tot krag is blydskap. Dit is nie jou begeerte of vasberadenheid wat jou krag gee nie. Dis jou blydskap. Dit beteken dat die hoof rede hoekom jy voel jy kan nie iets doen nie of jy het nie die krag om iets aan te pak nie is die gebrek aan blydskap. As jy blydskap het, dan is dit vir jou moontlik om sekuriteit te vind in die waarheid dat God ‘n plan het, en jy het krag vir daardie dag.
As jy hard werk, maar jy het nie blydskap nie, gaan jy vind dat jy mismoedig is oor die lewe, emosioneel, fisies en geestelik uitgeput.
Hoe beleef jy blydskap? Die Westminster Kategismus maak die volgende stelling, “The chief end of man is to glorify God and to enjoy Him forever.” Die ewigheid gaan gevul wees met mense se gelag, mense wat God geniet. Jy hoef nie te wag om deel te wees van die partytjie nie, jy kan vandag kies om die goedheid en grootheid van God te geniet.
Nehemia vertel ons dat dit die “blydskap wat die Here gee” is wat ons kies. Blydskap is nie ‘n geval van probeer om goeie gevoelens oor jouself of die wêreld om jou, op te wek nie. Partykeer is daar maar min daar om oor goed te voel. Die oorsprong van ware blydskap is by God. Die blydskap wat God gee begin deur te fokus op wie God is.
In watter omstandighede jy jouself nou ook al bevind, spandeer ‘n paar oomblikke om te dink wie God is. Dink aan sy genade, krag, vergifnis en geduld. Dink aan sy troos en liefde. Laat die blydskap wat vloei uit die feit dat jy onthou wie God is, jou krag word vir dit wat jy vandag aanpak.

No Comments