
Matteus 5:7
Geseënd is die wat barmhartig (liefdadig, genadig) is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. NV
Dank die Here vir sy genade! In ons gebrokenheid en sonde het ons dit verseker nodig. Hy het vir ons genade by die kruis gewys deur die straf wat ons verdien op Hom te neem. Die Heilige Gees giet nog steeds sy lewegewende, lewens volhoudende genade in ons lewens uit. Soos ‘n fontein, “want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke more nuut” (Klaagliedere 3:22-33 AOV).
God roep ons om diep te drink van sy oorvloedige genade. Hy roep ons om dag vir dag terug te keer na die fontein toe, dat ons intiem bekend kan raak met sy genade. Omdat ons die mense is wat God se genade persoonlik ken, moet ons ook mense wees wat genade het. Soos ons geseënd is met God se genade, moet ons ook so ander mense seën met dieselfde genade wat God vir ons gee, met geduld, en omgee wat ons van Hom ontvang het. Ons is nie geroep om te oordeel of om vir mense te gee wat hulle verdien nie, maar eerder om genadig te wees.
Wil jy ‘n persoon wees met genade? As jy diep drink aan God se fontein van genade, dan sal God se genade oorvloei in jou lewe. As jy bewus is van hoe baie jy God se genade nodig het, sal jou hart ook sag raak teenoor ander wat ook genade nodig het. Jesus se genade teenoor sondaars en mense wat verstoot word deur die samelewing, was ‘n radikale bewys van God se liefde in die kultuur van sy tyd. Dit is net so kragtig en onverwags vandag in ons kultuur van selfsugtigheid en oordeel. Soos ons genade, barmhartigheid en vergifnis bewys teenoor die wat vergete is, die wat op die kant staan en die uitgeworpenes, sal ons mense lei na die genade van Jesus.
Kom ons bewys genade aan mense wat dit nie verdien nie, soos God aan ons bewys wat dit nie verdien nie.

No Comments