
Matteus 5:9
Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. NV
Wat beteken dit om geseënd te wees? Die woord vir seën in Grieks is “makarios” wat meer letterlik vertaal word as “gelukkig.” So Jesus sê vir ons, “Gelukkig is die vredemakers.” Hy sê nie, “Gelukkig is die mense wat vrede lief het,” nie. Almal het vrede lief. Hy sê ook nie, “Gelukkig is die vredevolle mense,” hulle wat nooit gepla is deur enige iets nie. Hy sê eerder, “gelukkig” is die mense wat vrede maak – wat aktief nastreef om konflik op te los.
Watter tipe blydskap praat ons hier van? Bedoel Jesus dat elke situasie in ons lewens sal uitwerk soos ons wil hê dit moet? Nee, dis nie die punt nie. Jesus het nie bedoel dat ons altyd gelukkig sal voel, gebaseer op ons huidige lewens omstandighede nie, maar eerder dat ons in ‘n posisie is van blydskap omdat ons in verhouding is met God. Om gelukkig te wees is om in vrede te wees met God.
God is ‘n vredemaker. Hy is Die Vredemaker. Deur die kruis van Jesus Christus, het God vrede gemaak met ons wat oorlog gemaak het met Hom deur ons sonde. Ons was eens op ‘n tyd vyande van God, maar nou word ons kinders van God genoem (Kolossense 1:21). Ons moet genot vind in die vrede wat ons met Die Vredemaker het. Dit is ‘n vrede wat diep binne ons siele gevind word, ‘n vrede wat ver bo ons menslike verstaan strek. Om in vrede te wees met God beteken dat ons versoen is (ons saak reg gestel is) tot ‘n regte verhouding met Hom.
God roep ons om sy voorbeeld te volg. Hy roep ons om die vrede wat ons in Hom gevind het, met die res van die wêreld te deel. Hy wil hê dat ons geken word as vredemakers. Hy wil hê dat ons sy verlossende, versoenende liefde reflekteer (voorbeeld wees) aan die wêreld om ons. Want net sy kinders weet waarlik wat regte vrede, lewegewende vrede is. In ‘n wêreld van konflik, onmin en wraak, kan ons goeie getuienisse van Die Vredemaker wees deur self vredemakers te wees.

No Comments