
Spreuke 11:25
Mense wat ‘n ander iets gun, het self altyd oorvloed. Hulle wat ander se dors les, is self altyd verkwik. NLV
Dit betaal om te gee.
Daar is ‘n universele beginsel aan die werk wat genoem word “die wet van saai en maai,” en dit is ‘n geestelike realiteit. Ons sien dit in die skrifgedeelte in die term “verkwik.” (verfris, opbeur, troos). Jy gee bietjie verkwikking vir iemand anders en jy sal self ook verkwik word. Gee bietjie verligting vir iemand anders en jy sal verlig word.
Toe ek ‘n kind was het ek een somer vakansie vir ‘n gesin gewerk wat redelik welaf was. Hulle sou partytjies op die meer gehou het, en dit was my werk om rond te loop en vir die mense verversings en drankies uit te deel. Ek en vyf arm vriende het in ‘n gastehuis op die perseel gebly, en ons etes wat gewoonlik skraal was is vermeerder elke keer as daar ‘n partytjie was en ons geroep was om te help. Ek kon hierdie vers vir myself herskryf het: “Hy wat ‘n paar verversings bedien sal self ook ‘n paar verversings kry om te eet!”
Later in die lewe, met ietwat meer volwassenheid, het ek begin om hierdie idee op ‘n dieper manier te verstaan. Die Skrif verduidelik, “Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai” (2Korinthiërs 9:6 AOV).
Wanneer God vrygewigheid sien wat van ons af vloei na iemand anders toe, of dit in tyd of geld of liefde is, vind Hy genot in ons. In ‘n vrygewige hart vind God ‘n portret van homself. Wanneer ons gee soos God gee, word ons ‘n weerkaatsing van sy oorvloedige liefde vir almal van ons. God beloon ons as ons vrylik gee deur vir elkeen van ons meer terug te gee as wat ons kan dink.
Hier volg wat die Skriftelike belofte vir my beteken:
Wil jy geseënd wees? Seën ander. Wil jy grootliks geseënd wees? Seën ander ryklik!
Wil jy lief gehê word? Hê lief. As jy diep lief gehé wil word. Wees baie lief.
Wil jy voorspoedig wees? Gee. Wil jy baie, baie voorspoedig wees? Gee baie.
Onthou hierdie: “Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai” Dis ‘n feit. Dis die waarheid. Dit betaal om te gee.

No Comments