
1 Petrus 5:7
Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om. NLV
Met die eerste kyk, is hierdie vers ‘n belowende uitnodiging om die lewe ongekompliseerd te maak. Petrus raai ons klaarblyklik aan om ons probleme by God af te laai en te gaan, want Hy is op een of ander manier verantwoordelik om ons moeilikheid te verlig. Beveel Petrus aan dat ons verantwoordelikheid vir ons probleme moet vermy? Of is hierdie manier van kyk na dié skrifgedeelte naïef (dom), spesifiek soos dit vereenselwig met verhoudings en verhoudings se onvermydelike angstigheid en konflik.
In konteks, moedig hierdie vers Christene aan om volwasse te word en ons verantwoordelikhede te omhels. Petrus identifiseer die sleutel tot “gee ons bekommernisse oor” as nederigheid. “Aan die nederiges gee Hy genade. Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.” (1Petrus 5:5-7). Hoekom vergelyk Petrus ons bekommernisse met nederigheid voor God?
Nederigheid is om onsself in verhouding met God te sien – Vader, Seun en Heilige Gees-“Die EK IS,” “Die ALTYD.” God word in die Bybel beskryf as liefdevol, goed, wys, genadig, onveranderlik, almagtig, alwetend, alomteenwoordig, die hoogste, voor alles, oor alles, in alles, deur alles, en soveel meer! Nederigheid staan met gespanne aandag voor God en roep uit, “Ek’s nie waardig nie!” Nederigheid erken en reageer op een diepgaande waarheid, “U is God, en ek is NIE!”
En dit is hierdie God wat vir die nederiges sê, “Het jy nou my genade in ‘n verhouding nodig? Gee al jou bekommernisse vir My, want Ek gee om vir jou. Bring elke hartseer, elke teleurstelling, elke konflik na My toe. Dit is alles belangrik vir My, want jy is belangrik vir My. Ek gee om vir jou verhoudings. En omdat jy met nederigheid gevra het, sal Ek my genade uitgiet op jou lewe.”
As jy bekommerd is oor ‘n verhouding, doen wat Petrus sê: verneder jouself voor God, vat jou bekommernisse na Hom toe, en ontvang sy genade.

No Comments