
2 Timoteus 4:6-7 (NLV)
(6) Wat my betref, word my lewe alreeds uitgegiet as ’n offer aan God. Die tyd van my dood is op hande.
(7) Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly.
1 Timoteus 6:11-12 (NLV)
(11) Maar jy, Timoteus, man van God; vlug weg van al hierdie bose dinge, en volg na wat reg en goed is. Beywer jou vir ’n lewe volgens die wil van God, gekenmerk deur toewyding, geloof, liefde, volharding en deernis.
(12) Stry die goeie stryd vir dit waarin ons glo. Hou stewig vas aan die ewige lewe wat God jou gegee het, en wat jy so opreg bely het voor baie getuies.
1 Timoteus 1:18-19 (NLV)
(18) Timoteus, my kind, hiermee gee ek my opdrag aan jou, gegrond op die profetiese woorde wat voorheen oor jou uitgespreek is. Mag daardie woorde jou die selfvertroue gee om goed te veg in die Here se veldslae.
(19) Hou styf vas aan jou geloof, en hou altyd jou ge-wete skoon. Want sommige mense het opsetlik hulle gewete eenkant gestoot en as gevolg daarvan het hulle geloof skipbreuk gely.
I Korintiërs 13:11 (AFR53)
(11) Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is, het ek die dinge van ‘n kind afgelê.
Romeine 12:2 (AFR53)
(2) En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Handelinge 9:15 (NLV)
(15) Die Here het egter vir hom gesê: “Gaan doen wat Ek sê, want Ek het Saulus as my instrument uitgekies om my boodskap uit te dra na volke en konings, en ook aan die volk Israel.
Galasiërs 1:15-16 (NLV)
(15) Maar toe het God besluit – Hy wat my al voor my geboorte gekies het en my deur sy genade geroep het
(16) om sy Seun aan my bekend te maak. Dit het gebeur sodat ek Hom aan die nie-Joodse nasies kan verkondig. Ek het nie dadelik met mense gepraat nie.
1 TIMOTEUS 1:3 (NLV)
(3) Toe ek na Masedonië vertrek het, het ek by jou aangedring om daar in Efese te bly en dié wat vals leerstellings verkondig, te verbied.
2 TIMOTEUS 4:5 (NLV)
(5) Maar jy moet in elke situasie jou teenwoordigheid van gees behou. Moenie bang wees om vir die Here te ly nie. Vervul jou taak as evangelis. Voltooi die bediening wat God jou gegee het.
Johannes 3:16 (AFR83)
(16) “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
Lukas 4:18-19 (AFR83)
(18) “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes,
(19) om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”
Johannes 6:38 (AFR83)
(38) Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.
Johannes 4:34 (AFR83)
(34) Maar Jesus het vir hulle gesê: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.
Johannes 12:27 (AFR83)
(27) “Nou is Ek diep ontsteld. En wat moet Ek sê? Moet Ek sê: Vader, red My uit hierdie uur? Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie uur.
Johannes 19:28-30 (AF83)
(28) Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.”
(29) Daar het ‘n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe ‘n spons vol suur wyn op ‘n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou.
(30) Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.
Hebreërs 12:1-2 (NLV)
(1) Met so ’n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê,
(2) ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon!

No Comments