
1 Timoteus 4:8 NLV
(8) Liggaamlike oefening het wel waarde, maar geestelike oefening is baie belangriker, want dit hou die belofte in van beloning, sowel in hierdie lewe as in die volgende.
Lukas 9:23-25 AFR20
(23) Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën, en elke dag sy kruis opneem en My volg;
(24) want wie sy lewe wil red, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit red.
(25) Want wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins bekom het, maar homself verloor of skade aangedoen het?
1 Timoteus 4:12 NLV
(12) Moenie dat enigiemand minder van jou dink omdat jy jonk is nie. Wees ’n voorbeeld vir alle gelowiges deur wat jy leer, in die manier waarop jy lewe, in jou liefde, jou geloof en jou integriteit.

No Comments