
Efesiërs 5:15-17
(15) Let daarom sorgvuldig op hoe julle leef – nie as onverstandiges nie, maar as wyses.
(16) Koop die tyd uit, omdat die dae vol boosheid is.
(17) Om hierdie rede moet julle nie onverstandig wees nie; probeer eerder om te verstaan wat die wil van die Here is
Spreuke 21:5
(5) Die planne van ‘n vlytige strek net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, ervaar net gebrek.
Spreuke 15:28
(28) Die hart van ‘n regverdige oorweeg hoe om te antwoord, maar die mond van goddeloses stort booshede uit.
Filippense 4:6-7
(6) Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend.
(7) En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak.
Markus 14:35-36
(35) Hy het ‘n entjie verder gegaan, op die grond neergeval en gebid dat, as dit moontlik is, die uur by Hom moet verbygaan.
(36) Hy het gesmeek: “Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik. Neem hierdie beker van My af weg – nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil. ”

No Comments