
Johannes 21:1-3
(1) Hierna het Jesus by die See van Tiberias weer aan sy dissipels verskyn. En dit is hoe Hy verskyn het:
(2) Saam daar bymekaar was Simon Petrus en Thomas, wat bekend staan as Didimus, Natanael, van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus, en nog twee ander van sy dissipels.
(3) Simon Petrus sê vir hulle: “Ek gaan visvang.” En hulle sê vir hom: “Ons gaan ook saam met jou.” Hulle het uitgegaan en in die boot geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie.
Johannes 21:6
(6) Hy sê toe vir hulle: “Gooi die visnet uit aan die regterkant van die boot, en julle sal iets kry.” Hulle gooi dit toe uit, en vanweë die groot klomp vis was hulle nie in staat om dit in te trek nie.

No Comments