Johannes 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Johannes 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Jeremia 32:17 Ag, Here HERE, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie.
Lukas 24:51 En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.
Psalm 25:10 Al die paaie van die HERE is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.
Eseg 11:19 En Ek sal hulle een hart gee, en ’n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ’n hart van vlees gee …
Jesaja 44:24 SO sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei — wie was met My? —
Jesaja 44:8 Wees nie verskrik nie, en moenie bewe nie! Het Ek jou dit nie lank tevore laat hoor en te kenne gegee nie? En júlle is my getuies! Is daar ’n God buiten My? Ja, daar is geen rotssteen nie; Ek ken geeneen nie.
Josua 23:14 (NLV) … Julle moet egter in julle diepste binnekant oortuig wees dat al die wonderlike dinge wat die Here julle God vir julle beloof het, alles reeds plaasgevind het. Daar is nie een van hulle nog uitstaande nie.
1 Kor 1:3-4 NAV Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid uitkoms gee. In elke moeilikheid help Hy ons. Daarom kan ons ook weer ander help wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle […]