
1 Johannes 4:4
“Julle is egter van God afkomstig, my kinders, en julle het hulle reeds oorwin omdat die Gees wat in julle woon, magtiger is as die gees wat in die wêreld woon.” NLV
Die Gees van God is in elke ten volle toegewyde volgeling van Jesus Christus. Jesus het die Vader gevra om die Heilige Gees te stuur om ons te help en vir ewig met ons te wees (Joh. 14:16-17). Maar wat doen die Heilige Gees vir ons?
1. Die Heilige Gees leer ons en herinner ons aan alles wat Jesus gedoen het (Joh. 14:26).
2. Die Heilige Gees bou ons karakter deur krisis (Rom. 5:3-5).
3. Die Heilige Gees rus ons toe om meer soos Jesus te wees (Gal 5:22-23).
4. Die Heilige Gees gee ons krag om die Goeie Nuus van Jesus te vertel (Hand 1:8).
5. Die Heilige Gees rus ons toe vir bediening (1Kor 12:4-6).
As jy gevul is met die Gees, is God se krag, vrede, teenwoordigheid en doel ons s’n. Ons staan dan sterk in moeilike tye, maak nie saak waar of wanneer nie. Ons sak nie in een nie, “omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.” AOV
Ons hoef vir niks bang te wees nie.

No Comments