
Om te transformeer is om van een ding te verander na iets totaal anders. Soos byvoorbeeld ‘n wurm wat verander in ‘n skoenlapper.
Jesus wil ons verander van wurms na skoenlappers, maar baie keer doen ons goed wat ons wurms laat bly. Soos skinder, baklei, luister nie vir pappa en mamma nie, jok, is nie tevrede met wat ons het nie, vergewe nie, spandeer nie tyd saam die Here nie ens.
Dis lekker om te weet dat God alle wurms lief het. God is lief vir ons met al ons foute, maar Hy wil ons almal transformeer om soos skoenlappers te wees.
Kyk na die foto…
Verduidelik die volgende punte en sê dat jou kinders enige tyd vrae kan vra as hulle iets wil weet daaroor.
1. Groot rooi hartjie – Ons het God lief met ons hele hart. ( Markus 12:29-30).
2. Horlosie – Ons moet elke dag tyd saam God spandeer (Lees Psalm 32:8).
3. Boek – Ons moet God se Woord leer en doen (Lees Psalm 1:1-3; Jakobus 1:25 en Johannes 15:14).
4. Geld – Ons moet ons tiende gee ( Lees Maleagi 3:10).
5. Klein hartjies – Ek moet ander liefhê ( Lees Johannes 13:35; 1Johannes 4:20; Romeine 12:19-21).
6. Groot hande – Help en dien ander met ʼn onselfsugtige hart ( Lees Markus 10:45).
7. Spraak bubble – Ons moet die Goeie Nuus versprei (Lees 2Timoteus 2:2).
Gaan kortliks weer deur die punte van die skoenlapper. Herhaling is baie goed.
Vrae vir kinders:
1. Kan jy alles van die skoenlapper onthou?
2. Is daar ietsie waarmee jy sukkel om ‘n skoenlapper te wees of wat jou heeltyd soos ‘n wurm laat voel?
3. Wat kan jy doen om dit te verander? Skryf vir jou ʼn aksieplan om in jou kamer op te sit.
Kom ons elkeen praat met die Here oor hierdie. Vra vergifnis oor die wurm streke en vra dat God sal help om soos ‘n skoenlapper te wees.

No Comments