
1 Korinthiërs 10:13
Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ‘n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur. NLV
Was jy al ooit so in die versoeking om iets te doen dat jy gevoel het dis onvermydelik? Miskien het iets wat verkeerd is voorgekom of dit so reg is. Dalk was die versoeking al so groot dat weerstand vir jou onmoontlik voel. Die waarheid is dat ons almal versoekings gaan beleef en heel waarskynlik elke dag. Ons almal gaan versoek word, maar die goeie nuus is dat ons nie hoef in te gee nie.
Vandag se vers belowe dat God elke ‘n pad uit sal gee. Die probleem is dat as die versoeking kom vergeet ons om te soek vir God se pad uit. Dit kan wees om met ‘n vriend te praat wat jou verantwoordelik hou. Dit kan wees om Bybel verse te memoriseer om aan te dink as die versoeking kom. Dit kan wees om op te staan en uit die situasie uit te hardloop. Die geheim is om bewus te wees van die pad uit wat God jou gee.
As jy vandag versoek word, stop vir ‘n oomblik en kyk rond. Vra God waar die pad uit is, volg dit dan.

No Comments