
Kinders se grootste vrees in vandag se tyd is nie die dood nie, maar om aanvaar te word. Daar word ook uiterste druk op hul geplaas om te presteer, deur hulself, hul ouers of van buite af. Hierdie is ‘n mooi stuk vir die kinders, wat om te doen onder druk.
Jesaja 40:29-31
Hy gee krag aan dié wat moeg is. Hy maak die kragtelose sterk. Selfs jongmense raak uitgeput en afgemat (weary/worn out). Baie jongmense struikel en val. Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg hoog soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid (fatigued) word nie. NLV
Het jy al ooit gevoel of jy nou genoeg gehad het, of jy net nie meer kan aangaan nie? Miskien was jy fisies uitgeput deur siekte en spanning en jy moes jouself uit die bed uit forseer in die more. Of miskien het jy jouself bevind om hopeloos verslaaf te wees aan iets en dat jy nooit die krag sal hê om dit te oorkom nie. Dit kan wees dat jy sukkel met depressie en angs en elke dag voel soos ‘n las. Miskien het jy al gevoel om op te gee.
God sê vier keer in die skrifgedeelte dat Hy iets vir ons gaan doen. Hy sê nie mag dalk, miskien, moontlik of heel waarskynlik nie, maar SAL. Hierdie vers is vol beloftes vir ons as ons, ons hoop in die Here plaas. Wanneer jou situasie hopeloos lyk, moet jy jou hoop in God plaas en op sy plan.
Vra God vandag om jou krag te vernuwe. Vra God om sy plan vir jou toekoms uit te werk – die plan wat sal werk. En soos jy hierdie doen, beloof Hy om jou fisiese krag te gee om op te styg bo die dinge wat jou onder hou.

No Comments