
Filippense 4:13
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Wonderlike mense wat deur God gebruik word is gewone mense met ‘n ongewone vasberadenheid. Hulle weet eenvoudig nie hoe om op te gee as dinge moeilik raak nie. Waar vind hulle hierdie innerlike krag? Hulle krag kom van ‘n diep ingewortelde geloof in die feit dat “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” Hulle geloof dryf hulle vooruit, verby moedeloosheid en vrees binne in die lewe wat God wil hê hulle moet lewe- ‘n lewe heeltemal afhanklik op God se krag, nie ons eie nie.
Wat vat dit om jou mismoedig te maak in jou “commitment” tot fisiese gesondheid. Is dit as dinge nie gaan soos jy wil hê dit moet nie? Of wat van as jy nie jou doelwit bereik nie? Miskien is dit om nie die krag te hê om dit te voltooi nie? Ons raak gereeld mismoedig want ons pak die lewe aan met ons eie krag. Ons krag en energie het beperkings. Wilskrag kan jou net so vêr vat. Maar God se krag het geen einde nie en is altyd beskikbaar. Daar is net een probleem, hierdie krag is nie outomaties nie. Dit verg ‘n stap van geloof wat “jouself-oorgee” genoem word.
En om totaal oor te gee aan God beteken om volkome afhanklik te wees op Hom elke oomblik van elke dag. God wil hê jy moet volkome afhanklik wees op Hom vir jou behoeftes.
As jy jou afhanklikheid teenoor Hom erken het, dan vra jy Hom vir sy krag en vertrou dat Hy dit vir jou sal gee. God sal jou genoeg krag gee vir die dag van more.
Beweeg verby mismoedigheid en maak ‘n stap van geloof, deur op Hom te vertrou om jou alles te gee wat jy vir die dag nodig het.

No Comments