
Filippense 4:6-7
Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. En God se vrede, wat meer is as wat ‘n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is. NLV
God wil hê dat jy totaal vry moet wees van angstigheid. Hy wil hê dat jy sonder vrees lewe. Hy wil hê dat jy sy vrede beleef te alle tye in elke situasie (2Thessalonisense 3:16). God weet dat vrees en angstigheid ons weerhou daarvan om sy doel vir ons lewe uit te leef. So hy sê vir ons in liefde ” moet oor niks bekommerd wees nie” Niks nie! Partykeer is dit makliker gesê as gedoen.
Wat is die teengif vir angstigheid? Hierdie vers sê vir ons om te bid ” terwyl julle Hom ook dank vir alles.” So begin met ‘n hart van dankbaarheid. Dank God vir sy geloofwaardigheid en dat Hy nog nooit jou sy verlaat het nie. Dank Hom vir sy onveranderlike liefde vir jou, vir sy vergifnis en genade. Dank Hom vooruit vir dit wat Hy gaan doen!
Volgende, vertel vir God wat jou pla. Meeste mense bid gebede wat hulle dink God wil hoor. Maar God sê vir ons om te bid oor alles, sit alles op die tafel, en gee dit alles vir Hom. As dit groot genoeg is om oor bekommerd te wees, is dit groot genoeg om oor te bid.
Die resultaat daarvan om jou begeertes in geloof na God toe te bring – met danksegging en vertroue in Hom vir die uitkoms is dat jy “vrede van God wat alle verstand te bowe gaan” (AOV) sal beleef. God se vrede is so kragtig, die Bybel sê dat dit selfs “oor julle harte en gedagtes die wag hou” (bewaar AOV) teen die dinge van die wêreld.
As jy jou angstigheid vir God gee – jou bekommernisse oor die toekoms, die skuldgevoelens van jou verlede, jou seer en worstelinge – God sal in ruil sy vrede vir jou gee, wat meer kragtig is as enige angstigheid of probleem. Sy vrede sal wag hou oor jou hart en jou gedagtes soos ‘n weermag wat ‘n stad beskerm, wat na jou kyk en jou veilig hou teen magte van buite wat jou vreugde wil steel.

No Comments