
Spreuke 19:8
Iemand wat vir homself omgee, kry wysheid in die hande. Iemand wat insig vashou geniet voorspoed. NLV
Wysheid is regtig nie so moeilik om te kry nie, maar dit kan moeilik wees om voor te soek. Dit kom alles neer op die keuses wat ons maak oor hoe ons, ons tyd spandeer. Ons kan ons tyd wys spandeer en meer wysheid kry, of ons kan ons tyd onwys spandeer en geleenthede mis om te groei. Partykeer is dit ‘n moeilike keuse.
Hier is ‘n praktiese voorstel: Verruil een uur van speletjies of televisie vir een uur se lees elke dag. Verbreed jou gedagtes deur jou belange te verbreed. Gebruik jou tyd wys en jy sal beloon word.
God wil jou gedagtes vul met wysheid, maar Hy sal dit nie op jou afdwing nie. Jy moet dit soek. Die Bybel sê, “Die mense wat wysheid kry is gelukkig.” – dit beteken jy moet soek – “die mens wat insig kry” – dit beteken jy moet werk daarvoor en dit najaag (Spreuke 3:13).
Wat ek geniet van wysheid is dat, as jy dit eers gekry het, dan kan jy dit nie verloor nie. Inteendeel, hoe meer wysheid jy weggee, hoe meer word dit joune.
So doen jouself vandag ‘n guns. Kry wysheid. En as jy dit sal doen, belowe die Bybel dat jy suksesvol sal wees.

No Comments