
1 Petrus 4:8
Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ‘n menigte sondes bedek.
Liefde is al wat jy nodig het. Dis redelik eenvoudig is dit nie?
Die grammatika in hierdie skrifgedeelte is baie interessant. Moet nou nie belangstelling verloor omdat jy die woord ” grammatika” gehoor het nie. Luister hierna: Dit is netso aanvaarbaar, in die oorspronklike taal, om hierdie vers op twee verskillende maniere te lees.
Jy kan sê: “As ek jou waarlik liefhet, sal ek jou vergewe, volkome en met sagmoedigheid.” Of, jy kan sê: As ek jou waarlik lief het, sal God self ‘n menigte van my sondes vergewe.
Beide kante, liefde is al wat jy nodig het. Hierdie beteken dat God ‘n oproep op ons gemaak het om mekaar lief te hê op so manier dat ek vinnig enige aanstoot wat ek dalk teenoor jou mag hê laat gaan. Ek lewe ‘n lewe van liefde en aanvaar jou, vratte en al, net soos Jesus jou aanvaar-en hoe hy my ook aanvaar het. Dit beteken ook dat wanneer ek leer om jou lief te hê op hierdie manier, God sy vergifnis sal uitoefen teenoor my en ek lewe ‘n lewe wat gevul is met genade, aanvaarding, en die guns van God. Liefde is al wat jy nodig het!
So hoe doen ek dit? Hier is ‘n paar maniere om lief te hê uit 1 Korinthiërs 13:4-8. (Gaan kyk self.)
Wees vandag geduldig met mense wat bietjie stadiger is as jy om hierdie te snap.
Wees vrygewig teenoor iemand wat bietjie ekstra hulp nodig het – offer dit vir hulle sonder dat hulle nodig het om jou te vra.
Moenie vandag oor jouself roem nie. Kry iemand anders om oor trots te wees en sê dit vir hulle!
Moenie kwaad word nie. Bly kalm. Vat ‘n diep asem en verduidelik versigtig jou gevoelens deur ‘n brug te bou in iemand se lewe in, eerder as ‘n muur.
Wees beskermend. Staan op vir iemand wat bietjie ekstra krag nodig het om hulle omstandighede te verander.
Moenie opgee op iemand nie. Behou die geloof. Byt vas. Vernuwe jou hoop. Volhard in jou liefde vir hulle.
Liefde is al wat jy nodig het. So doen dit nou! Wees vandag lief vir iemand anders en jy sal genadiglik deur God liefgehê word.

No Comments