
Psalm 147:3
Hy genees die gebroke hart, en verbind hulle wonde. NLV
“Sticks and stones may break your bones… but words can break your heart”
Gebreekte bene genees. Maar dit vat tyd. Toe my agtjarige seun sy arm gebreek het, moes ons na die dokter toe gaan om x-strale te neem. Die bene was toe reggemaak en in plek gesit. Volgende was die gips om alles in plek te hou. Uiteindelik was dit tyd om huis toe te gaan. Vir die volgende paar dae was daar redelik baie pyn, wat geverg het dat sy ma en ek vir hom moes gewys het dat ons omgee en ons moes hom versorg soos ons aan al sy behoeftes voorsien het. Hy het die volle gebruik van sy arm vir ‘n maand of twee verloor, maar na dit het hy toe weer begin speel, ‘n bofbal (baseball) gooi, en boom klim.
God se proses om ‘n gebroke hart te genees is baie soos om ‘n gebreekte been te genees.
Bid. Kom na God toe en sê vir Hom jy het pyn. Hy sal noukeurig luister. Hy sal presies weet wat om te doen.
Luister. Gee vir God geleentheid om binne-in jou hart en jou lewe te kyk, net soos x-strale, en sy eie assessering (vasstelling) te maak van wat moet gebeur. Vertrou Hom. Hy verstaan jou baie beter as wat jy jouself verstaan.
Rus. God sal sy arms van liefde om jou vou en alles wat gebreek is bymekaar hou met sy gips van goedheid en groot barmhartigheid. Hy sal jou gerusstel met sy beloftes en jou omring met sy mense, die kerk, wat jou sal staande hou terwyl jy genees.
Vertrou. Jy mag ondervind dat jy vir ‘n ruk lank nie ten volle funksioneel is nie. Daar sal bietjie pyn wees. Deel jou seer met ander wat jy kan vertrou – mense in die Liggaam van Christus wat jou verstaan en wat jou kan verpleeg tot jy gesond is. Maar, net soos wat ‘n gebreekte been genees word, kan jy dit nie alleen doen nie.
Juig. Eendag, as die genesing klaar is, sal jy weer lag en na die lewe kyk met hoop en blydskap. Jy kan op God staatmaak. Jy kan sy woord vat daarvoor. “Hy genees die gebroke hart, en verbind hulle wonde.”

No Comments